Change the world

20/12/2023

The sudden popularity of and the interest in Afrikaans Instagram poets and poetry pages led to Jané de Wet's master's degree in Afrikaans and Dutch on this new form of poetry and self-publishing, with thousands of new poems and poets. Jané recently obtained the degree at Nelson Mandela University's summer graduation ceremony.

 

Die skielike gewildheid van en die belangstelling in Instagram-digters en -digblaaie het gelei tot Jané de Wet se meestersgraad in Afrikaans en Nederlands oor hierdie nuwe vorm van digkuns en selfpublikasie, met derduisende nuwe gedigte en digters.

Jané het die graad onlangs by die Nelson Mandela Universiteit se somergradeplegtigheid verwerf.

“Ek het op ‘n dag, vir die eerste keer in maande, my Instagram-profiel besoek en elke tweede “repost” was ‘n lyntjiespapiergedig versier met interessante rymskemas en metafore, terwyl elke“caption”by ‘n vakansie-of kuierfoto, die aangehaalde versreëls van onbekende digters was”, sê Jané.

In Julie 2023 het die hutsmerk #instapoetry bestaan uit bykans 5,4 miljoen plasings met aangrensende hutsmerke, soos #instapoet wat staan op 4,6 miljoen plasings, terwyl die Afrikaanse skryfwêreld op Instagram by die dag al sterker word. #digkuns spog met bykans 27000 plasings, #gedigte (35,900 plasings) en #digter (34 500) plasings, tot op hede, sê Jané.

Een van die interessantste aspekte in haar verkenning van Instagram, was die kreatiwiteit in van die name van die digblaaie en die beelde wat saam met die woorde gebruik word om ‘n bepaalde identiteit te skep.

Gemeenskappe word geskep waaraan almal kan behoort, wat byvoorbeeld van koffie (@bitterkoffie_poësie), suurlemoene (@kopsuurlemoene) of die waarheid (@diewaarheidthe) hou.

Ander sluit aan by Instagram-gebruikers se gemoedstoestand en dien as veilige ruimtes vir die Zoomer-generasie (generasie Z, persone wat ná 1996 gebore is).

Die blaaie sluit onder andere @drank_en_digkuns101, @depressiewe_poësie, en @onrehabiliteerbaar in. Instagram is ‘n onmiddellike en boonop multimodale platform, want die gedigte word saam met foto’s / video’s geplaas en verskyn bykans onmiddellik, en dus daag dit die tradisionele publikasieproses uit.

Jané het Instagram-digters (en spesifiek die Zoomer-generasie) en hulle digblaaie ondersoek om vas te stel wat die impak van dié skrywers en skryfwyse op die letterkunde in die geheel het, die kulturele en sosiale impak.

Dis ‘n toeganklike skryfvorm met duisende lesers wat byna onmiddellik met die teks in gesprek tree. Die impak van sosiale media en tegnologie, soos KI, op die samelewing en die letterkunde kan ook nie geïgnoreer word nie en tradisionele vorms van skep en skryf, word al meer uitgedaag. En daarom die fokus op alternatiewe letterkunde, soos Instagrampoësie.

Die studie het op drie van die gewildste Instagram-digters in Afrikaans gefokus, elkeen van die digters het reeds ‘n bundel vrygestel. Skakerings van geel (@skildermetdigkuns) en Alles wat ek wou sê (@ontmasker), sowel as die sogenaamde Rupi Kaur van Afrikaanse Instagrampoësie, (@kaalwoorde), se digbundel Kosmos en komete, wat onlangs deur LAPA Uitgewers gepubliseer is.

Jané se studieleiers was Mandela Universiteit se Professor Marius Crous en Dr Stefan van Zyl.

Contact information
Ms Elma de Koker
Internal Communication Practitioner
Tel: 041-504 2160
elma.dekoker@mandela.ac.za