Change the world

11/04/2023

Language lives; it is constantly changing and it fascinates me", says Jadé Blume, who will receive her DLitt in Afrikaans on Afrikaans Fishersman’s language at Nelson Mandela University's autumn graduation ceremony in Gqeberha.

Blume's doctoral research describes how Afrikaans Fishersman’s language differs from the standard variety on several levels, and is the first research on this topic since the previous one in 1957. Fisherman’s language occurs in all the regions in and around South Africa, and the study offers interesting information about the language and also about the fishing communities. Her supervisor was Prof Annél Otto.

"Teaching is my passion, and in this way I can combine my love for linguistics and teaching", says Blume, who teaches part-time modules in Afrikaans methodology for intermediate and senior phase education students at Nelson Mandela University.

This article appears in Afrikaans as it focuses on specific language use.  

Eerste doktorale studie oor Afrikaanse Visserstaal sedert 1957

“Taal lewe; dit verander konstant en dit fassineer my”, sê Jadé Blume, wat haar DLitt in Afrikaans oor Afrikaanse Visserstaal by die Nelson Mandela Universiteit se Herfsgradeplegtigheid in Gqeberha sal ontvang.

Blume se doktorale navorsing beskryf hoe Afrikaanse Visserstaal op verskeie vlakke verskil van die standaardvariëteit, en is die eerste navorsing oor hierdie onderwerp sedert die vorige studie in 1957. Visserstaal kom in al die streke in en om Suid-Afrika voor, en die studie bied interessante inligting oor die taal en ook oor die vissersgemeenskappe. Haar studieleier was prof Annél Otto. 

Hierdie studie val binne die sosiolinguistiek, wat die studie van taal in sosiale konteks is. Sowel die onmiddellike fisiese omgewing as die sosiale omstandighede van die vissers slyp hulle identiteit as individue, sowel as sosiale groepe binne vissersgemeenskappe.

“Soos ons lewe verander, kry die taal ‘n nuwe lewe, nuwe woorde en frases en nuwe betekenis. Soms ontstaan nuwe woorde deur die vordering in tegnologie, tieners skep nuwe uitdrukkings wat min mense verstaan en dikwels hoor ons ʼn nuwe uitspraak van ʼn woord wat ons belangstelling prikkel”, sê Blume.

Afrikaanse Visserstaal verskil van die standaardvariëteit van Afrikaans, veral wat sekere woorde en frases betref, soos byvoorbeeld chum, ertjiesopwater, gemmerbierwater en bobbejaanwater. Die Weskus is nie net sinoniem met die vissersgemeenskap nie, maar toon ook ‘n groot verskil in Weskus-Afrikaans as variëteit, soos te siene in TV-programme en berigte oor die vissers van die Weskus.

Taal verander konstant as gevolg van sosiale, ekonomiese en emosionele faktore, en hierdie studie het ‘n opgedateerde taalbeskrywing van Afrikaanse Visserstaal gedoen. ‘n Vergelyking word getref met Visserstaal in ander dele van die wêreld en nuwe woorde en uitdrukkings kan woordeboeke en die Afrikaanse woordelys en spelreëls verryk of bywerk.

Faktore wat die vissersgemeenskap se lewe en ook hul taal tydens die studie beïnvloed het, sluit in die onsekerheid en angstigheid rondom die COVID-pandemie, asook geweldige finansiële druk. Volgens die vissers is dit amper onmoontlik om lisensies (pampiere of papiere) te kry om wettiglik hul bote (hulle sê skuide) uit te vat om vis te vang. Verder beperk die kwotas die hoeveelheid vis wat gevang mag word, wat dit nog moeiliker maak vir die vissers. En dan is daar ook die smouse wat kreef aan die publiek op straat onwettig probeer verkoop, en dikwels saam met die polisie werk om mense uit te vang.

Die uitspraak van Visserstaalwoorde stem in ‘n groot mate ooreen met dié van die geografiese streek, soos oek in plaas van ook en vriet teenoor vreet aan die Weskus. Sosiale groepe se taal wissel ook, soos byvoorbeeld die werkersklas se skuide en die middelklas se skuite.

Afrikaanse Visserstaal is deur verskeie tale beïnvloed, waaronder veral Nederlands, Portugees, Maleis en Engels, en dit word as variëteit onderskei op grond van heelparty unieke woorde en uitdrukkings. Sekere Engelse woorde word gebruik soos shad (elf) of ‘n vermenging leerie (leervis) en bonnie/bonnietjie in plaas van die standaardwoord bonito. Die vissers verwys ook soms na flatty in plaas van stompneus , asook visterman. Mas word as selfstandige naamwoord, sowel as werkwoord gebruik, wat ongewoon is in die standaardvariëteit. ’n Vis mas as sy kop in die net bly vassit.

Die vissers gebruik ook graag die uitdrukking, die visse loop, as daar baie visse is wat byt, met ander woorde baie visse word gevang. Skoon bakleier/s verwys na visse wat nie afswem bodem toe nie en dit makliker maak vir die visser, teenoor lelike bakleier/s. All the gear but no idea verwys na vissers wat baie geld spandeer op die beste gereedskap, maar nie weet hoe om dit te gebruik nie.

Jy word getax verwys na ‘n moeiliker proses wanneer ’n groter vis, soos ‘n haai, ‘n stukkie van die vis afbyt voor die visser die vangs kan inkatrol. En so proe jy die see in die vis wat nog baie vars is of onlangs gevang is. Die water is bobbejaan verwys na die seestrome wat so sterk en gevaarlik is dat dit die vissers herinner aan ʼn bobbejaan, kenmerkend aggressief, onvoorspelbaar en gevaarlik.

Die maande met ‘n r in hul spelling, soos Maart en April is die beste vir visvang of hengel, terwyl rooiaas seetamaties genoem word na aanleiding van hul vorm en kleur. Verder is ertjiesopwater die ideale kleur seewater om kabeljou in te vang.

“Onderrig is my passie, en so kan ek my liefde vir taalkunde en onderrig kombineer”, sê Blume, wat deeltyds modules aanbied in Afrikaansmetodiek vir intermediêre en seniorfase-onderwysstudente aan Nelson Mandela Universiteit.

Contact information
Ms Elma de Koker
Internal Communication Practitioner
Tel: 041-504 2160
elma.dekoker@mandela.ac.za